Waarom Yahushua en Elohim?

 

Ek wil met hierdie artikel nie die naam Jesus aftakel of beledig soos soveel mense alreeds doen nie, want daar is te veel mense wat die wonderlikste genesings, ondervindings en openbarings van ons Hemelse Vader ontvang het en steeds ontvang deur die naam Jesus! In Hebreeus is Sy Naam Yahushua en vanselfsprekend was Hy so genoem!

Ons het egter nie die reg om mense te kritiseer of te veroordeel oor die name wat hulle gebruik nie want dit is die werk van die Heilige Gees om mense van die waarheid te oortuig en NIE ons as mense s’n nie.  As ons dit doen, veroorsaak ons verdeeldheid en kan mense selfs van Elohim af vervreem!  Dit is iets wat ek nie wil veroorsaak nie.

Daarom moet mense wat nie oortuig is van, of gemaklik is met die Hebreeuse name nie, nie dink dat ek hulle veroordeel nie.  Al wat ek aan jou gaan oordra is wat ek persoonlik van ons Hemelse Vader oor hierdie besondere aangeleentheid ontvang het en dat dit die rede is waarom ek die Hebreeuse name in die al die boeke en artikels op hierdie webwerf gebruik.

Ons gesin gebruik reeds vir jare die Hebreeuse name van ons Vader en Sy Seun, maar ek het self nog nooit voorheen ‘n persoonlike bevestiging van Vader ontvang dat wat ons doen korrek is nie.  Daar is huidig soveel verbuigings van die Heilige Name, dat ek begin wonder het wat is korrek.

Ons dierbare Vader wat so getrou is het egter op Woensdag 25 Februarie 2015 aan my die volgende skrifte en boodskappe gegee oor Yahushua se Naam,  alles op dieselfde dag!  Jy sal opmerk dat ek by sekere dele nie die Naam Yahushua gebruik nie omdat ek die verhaal soos wat Roland Buck dit ontvang het nie wou verander nie.

‘n Bietjie later die oggend ontvang ek die volgende skrif om te gaan ondersoek:

Sag 3:1  Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te kla.

H3091

יהושׁע    יהושׁוּע

yehôshûa‛  yehôshûa‛

yeh-ho-shoo’-ah, yeh-ho-shoo’-ah

From H3068 and H3467; Jehovah-saved; Jehoshua (that is, Joshua), the Jewish leader: – Jehoshua, Jehoshuah, Joshua. Compare H1954, H3442. (vergelyk met H3091)

Sag 3:1  And he shewedH7200 me(H853) JoshuaH3091 the highH1419 priestH3548 standingH5975 beforeH6440 the angelH4397 of the LORD,H3068 and SatanH7854 standingH5975 atH5921 his right handH3225 to resistH7853 him.

Yahushua het my herinner aan ‘n boek wat ek jare gelede gelees het waarin iets verskyn van Yahushua se Naam.  Ek het dit daardie tyd nie eintlik ernstig opgeneem nie, maar ek gaan soek toe die boek en hier is die betrokke gedeelte:

Dit is die verhaal van Roland Buck wat hy in 1978 geskryf het.  Roland Buck het ‘n visioen sowel as woorde van die Engel Gabriël self ontvang tydens verskeie engelbesoeke aan hom. Dit was toe dat die engel aan Roland Buck die Naam van ons Verlosser openbaar het. Onthou dat ons Vader aan jou iets verduidelik in die terme wat jy op daardie oomblik verstaan.  Roland Buck het net die Naam Jesus geken en dus moes die Engel eers aan hom iets toon sodat hy kon verstaan dat die Naam Jesus ‘n Griekse verbuiging van die ware Hebreeuse naam van ons Verlosser is.  Hier is die verhaal in sy eie woorde:

Ek onthou so goed die engel Gabriël, toe hy die heel eerste keer na my toe gekom het, en ‘n wonderlike waarheid uit die derde hoofstuk van die boek Sagaria oopgemaak het.  Hy het gesê:  “Jy is bewus van die offer van Jesus soos dit van die aarde af, vanuit die mens se standpunt gesien is, sal jy graag wil sien wat gebeur het vanuit God se standpunt?”

Oombliklik het hy vir my Jesus laat sien, die vlekkelose Lam van God, volkome sondeloos vanaf die Vader na die aarde toe kom.  Toe het Gabriel gesê:  “Kyk nou na Hom as Hy teruggaan na die hemel toe!”  Toe het ek Jesus gesien, neergebuk, met Sy priesterlike klere geskeur en met modder besmeer, vuil van die verrotting en die stank van hierdie wêreld.  Hy het met sy skouers geboë in die teenwoordigheid van God ingegaan.  My hart het gebreek toe ek dit sien.  Ek het Jesus in ‘n ander lig gesien as wat ek Hom ooit voorheen gesien het.  Ek het gesien hoe Hy in die hemel inkom uit die duisternis van die put van die hel, terwyl Hy die sonde van die hele wêreld dra.  Toe terwyl Jesus daar staan, geboë met God se rug na Hom toe gekeer, het Gabriel die engel van die Here, met ‘n luide stem uitgeroep en gesê:  “Neem hierdie vuil klere van Hom af weg en verwyder dit na ‘n plek waar dit nooit weer gevind sal word nie en trek vir Hom die nuwe, koninklike klere aan, die koninklike, priesterlike klere!”

Toe het die engel wat voor Hom gestaan het die skoon klere vir Hom aangetrek en Gabriel het gesê: “Neem ‘n kroon en plaas dit op Sy Hoof!”  Op daardie kroon was die boodskap wat voor God opgestyg het:  Toe het die engel wat voor Hom gestaan het die skoon klere vir Hom aangetrek en Gabriel het gesê: “…Neem ‘n kroon en plaas dit op Sy Hoof!”  Op daardie kroon was die boodskap wat voor God opgestyg het“Heilig aan Jesus!  Reken al daardie mense wat My volk is as Heilig!  Aanvaar hulle op grond van wat Ek gedoen het”.  Daar was dit, geskrywe regoor Sy kroon!  Dit was toe dat Jesus ons Koning en ons Hoëpriester geword hetEk het die derde hoofstuk van Sagaria al baie kere gelees, maar nie voordat Gabriel my daaraan herinner het, het dit by my opgekom dat in GRIEKS die naam JOSUA eintlik Jesus is nie (Hebreeus = Yehshua of yehôshûa).

Ek het nog nooit voorheen die waarheid van hoe Jesus (Yahushua) na die hemel teruggekeer het ingesien nie.  Die hele Sagaria 3 word hier aangehaal, sodat u kan sien dat die profesie vervul is presies op die wyse waarop God my dit laat sien het in hierdie pragtige visioen. “Daarna het Hy my (In my visioen) Josua (Jesus), die Hoë, laat sien, terwyl hy voor die engel van die Here staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te kla.  Toe sê die Here aan die Satan.  “Mag die Here jou bestraf, o Satan!  Ja, mag die Here wat Jerusalem verkies het, jou bestraf!  Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?  En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die engel staan. Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: “Neem die vuil klere van hom weg.  Toe sê Hy vir hom.  Kyk Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.  Daarop sê ek (Sagaria): “Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit.  En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die engel van die Here daarbo staan. En die engel van die Here het Josua plegtig verseker en gesê: “So sê die Here van die leerskare:  As jy in my weë wandel en as jy my verordeninge onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak en ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan. Luister tog, o Josua, jy wat die hoepriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit – ja, wondertekens is hulle.  Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat kom! Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergele het – op die een steen is daar sewe oe; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die Here van die leerskare, EN EK SAL DIE SKULD VAN HIERDIE LAND OP EEN DAG UITDELG.  (My kommentaar: Hierdie gebeurtenis in Sagaria was die profesie protokol wat uitgevoer moes word sodat die Seun van Elohim na die aarde kon kom en later as Koning gekroon kon word.  Alles wat met hierdie aarde te doen het, moet eers op die aarde in die vorm van protokol gedoen word presies soos wat Vader dit beveel, sodat dit in die Hemel gevestig kan word om dan later op die aarde te gebeur.)

Ek was toe ook agterna herinner aan die skrifgedeelte waar Paulus vertel van sy Demaskus ondervinding. Hand. 26:14  En toe ons almal op die grond val, hoor ek ‘n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

15  Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.

Onthou dat die Naam Jesus Grieks is, terwyl Hy Hebreeus was. Daarom staan dit hierbo by vers 14 dat Hy in Hebreeus met Paulus gepraat het en in Hebreeus is Sy Naam nie Jesus nie, maar Yahushua.  Die e-sword program op my rekenaar verklaar die volgende:

G2424

Ἰησοῦς

Iēsous

ee-ay-sooce’

Of Hebrew origin [H3091]; Jesus (that is, Jehoshua), the name of our Lord and two (three) other Israelites: – Jesus.

Die Naam YHWH wat ons gebruik, was in die oorspronklike Hebreeuse skrifte van die Ou Testament, maar is tydens vertaling oral vervang met blote titels soos HERE (Lord in Engels).

Mag ons Vader hierdie boodskap oor die Heilige Name van ons hemelse Vader en Sy Seun, ons Verlosserkoning, vir jou oopmaak, sodat jy ook die wonder in die gebruik daarvan kan ervaar.

As ‘n verdere bevestiging het Vader my na hierdie video van Patricia Green toe gelei.  Sy het ‘n pragtige boodskap van ons Vader oor Sy Heilige Naam ontvang. Hier is ook ‘n video oor die naam Yahushua en hoe sy openbaring oor die Naam ontvang het.

https://www.youtube.com/watch?v=K37ixNuTLmQ